![]() |
|
News 04 November 2009IMPAK VAN EIENDOMSBELASTING OP DIE HUURMARK
Dit is egter nodig om te weet dat Eiendomsbelasting 'n gegewe is vir 'n Natuurlike Persoon of n Wetgewiglike Instansie vanaf die datum van registrasie in terme van Seksie 14(1) van die Munisipaliteit Eiendoms Tariewe Wet 6 van 2004. Dis egter nodig om kennis te neem dat die onderhoudskostes van munisipaliteite verskil en dus die koers samestelings van Eiendomsbelasting vir verskillende munisipaliteite wesenlik mag verskil. Maandelikse Eiendoms belasting moet egter nie met Capital Gaining Tax verwar word nie waarvan laasgenoemde slegs eenmalig inskop met die verkoop van n primere eiendom waarvan die eerste R1,5 miljoen op bruto wins marge vrygestel is. In Suid Afrika word die term Eiendomsbelasting gedefinieer as die premie gehef vir die daarstelling van dienste spesifiek met verwysing na vullis verwydering, riool en instandhouding van lokale paaie. Die berekening daarvan word gebaseer op die waarde van grond en toegevoegde waarde rakende die eiendom en uit die aard van die saak mag verskil van streek tot streek. Met die implementering van die nuwe wetgewing rondom die nuwe benadering van waardebepalings van Eiendomme vanaf Julie 09 het dit 'n direkte impak gemaak op die groeiende verhurings prysindeks. Eienaars en Beleggers kan genoodsaak word om oornag binne wetlike raamwerk van die kontrak die koste element teen die huurder af te wentel. Sodoende het Global Property Guide 'n nuwe webtuiste van 'n Austria Prokureurs firma vir Residensiële Investeerders onlangs bewys dat Suid Afrika die 54 ste hoogste ter wereld is op die verhurings mark-kurwe. Die top 10 duurste lande wat verhurings-premies aanbetref is Switzerland gevolg deur Chile, Tanzania, Dominican Republiek, Rusland, Amerika, Costa Rica, Kenya, Colombia en Peru, wys Leon uit. Nader aan die huis word Eiendomsbelasting tariewe bereken deur die Mbombela Munisipaliteit as volg; Residensieel (0.006452 %), Hotelle, Gaste huise, Besighede, Industrieel, Mynbou, Publieke Dienste Infrastruktuur (0.0016130%), Landbou grond (0.01613%) en Regerings Eiendom (0.019356%) op die waarde van die eiendom. Voorts word die eerste R 80 000 van die markwaarde op Residensiële Eiendom kwyt gestel met n rebat van 28% op die jaarlikse persentasie berekening soos bovermeld. Vir Besighede en Gastehuise word daar op versoek 'n 20% rebat toegestaan. Leon wys egter daarop dat dit enige eienaar se grondwetlike reg is om die Munisipaliteit te bevraagteken rakende die berekening van u eiendom se waarde, maar waarsku dat u, uself van feite vooraf moet gewis en dus raadsaam mag wees om u eiendom deur n gekwalifiseerde waardeerder te analiseer voor die roete met die Lokale Administrasie gevolg word. Ter opsomming is dit die Minister van Provinsiale en Lokale Aangeleenthede (Sydney Mufamandi) se beskouing dat die doel nie was om 'n verhoging in Eiendomsbelasing daar te stel nie maar egter om 'n verbreding in die inkomste basis van lokale omgewings te bewerkstellig om noodsaaklike dienste te finansieer. Sodoende toon Mbombela se Multi Jaar Begroting n Inkomste groei van 6% vir die Eiendomsbelasting kategorie. Enige navrae kan aan Leon Botha gerig word by: 0767833527. |
![]() |
|
Developments for sale: All New Developments for Sale Mpumalanga Disclaimer |