Eiendomsmark Mag Binnekort Positief Draai

Alhoewel die Wêreld Ekonomie moontlik nog nie sy laagtepunt bereik het nie is die skrif aan die muur dat die SA ekonomiese groeikoers steeds n positiewe groei vir 2009/10 Fiskale Jaar mag toon, wat in n ressesionere klimaat nie te versmaai is nie. Lorette Botes van die Reserwe Bank
bevestig dat die Nasionale Tessourie se begrootings voorstellings 1.5% vir 2009/10, 3% vir 2010/11 en 4% vir 2011/12 beloop wat n duidelike indikator is vir verwagte groei potensiaal. Leon se dat die faktor in samehang met die steeds dalende rente koers 'n impak kan toon dat die
huismark in die volgende twaalf tot agtien maande n daadwerklike oplewing kan toon. n Bron van die Reserwe Bank het bevestig dat die Reserwe Bank Tesourie Komitee gister sou besin het op n verdere rente koers verlaging van 50 punte wat moontlik vandag geimplementeer sal word.

Hy meen ook dat rente koerse steeds mag afneem in die laaste twee kwartale van 2009 wat saam met die sokker wêreld bekker golf n verdere positiewe verbruikers gesindheid teweeg mag bring. Hy raai verkopers aan om vas te hou aan hulle eiendom en vir diegene wat wil belê in eiendom , doen dit nou want sy opinie is dat die draaipunt naby is en ons self n groter “BOOM” in die mark mag beleef as in 2004. Tekens het alreeds deur geskemer dat Finansiele Instellings hul kriteria rondom minimum deposito's gaan verslap in die nabye toekoms en as intree vlak sal eerste kopers voorrang geniet.

Die impak wat 2010 Wêreld Sokker Beker op die ekonomie en persy die eiendomsmark mag hê moet nie onderskat word nie. Talle navrae van die publiek word daagliks ontvang rondom die voorsiening van potensieele akkomodasie behoeftes en of hulle moet belê in die mark. Leon voorspel dat weens die positiewe toerisme aantreklikheid en omgewings klimaat, buitelandse beleggers hul gaan fokus op die Wes Kaap en Mpumalanga en meer spesifiek Kaapstad en Nelspuit mag hê as daar aan sy sak gevat gaan word om eiendom te bekom oor die periode van die Wêreldbeker en selfs daarna. Leon is positief dat daar vir n opwaartse kurwe in die eiendoms mark in die medium termyn mag wees, dus Mr/Me die Verkoper en Koper dit is vir u om te besluit of daar n berekende risiko deur jouself geneem gaan word.

Kontak Leon graag op 076 783 3527.

Property For Sale: All Property for Sale Mpumalanga

Developments for sale: All New Developments for Sale Mpumalanga

Real Estate Powered By CyberAgent
Disclaimer