KLEINHOEWE EN PLASE

Die verkope van kleinhoewes en plase het die laaste paar jaar geweldig afgeneem, hoofsaaklik as gevolg van die onsekerheid met betrekking tot grondeise en tweedens die strenger keurings vir lenings ingevolge die Nasionale Kredietwet.

Alhoewel die banke se criteria vir leningsaansoeke vir die koop van kleinhoewes effens verslap het, (lenings van tot 90% is al toegestaan onderhewig aan sekere vereistes) word net lenings deur die banke oorweeg indien die eiendom vir residensiele doeleindes alleenlik gebruik gaan word, geen landbou of enige ander inkomste, behalwe verhuring van addisionele behuising op die eiendom, sal in berekening gebring word nie.

As gevolg van die kompleksiteit van elke kleinhoewe het die banke aanbeveel dat die leningsaansoekers direk met die bank skakel met al die relatiewe inligting van die eiendom – waarmee die eiendomsagent die koper behulpsaam kan wees.

Die leningsaansoek is ook onderhewig aan ‘n positiewe waardasieverslag wat beinvloed kan word deur: Prys in vergelyking met ander eiendomme in die area, die area self, toekomstige ontwikkeling in die area, watervoorsiening, elektrisiteit, grondeise, toeganklikheid, kwaliteit van verbeterings en algemene toestand van eiendom.

Verkopers wat onrealistiese pryse vir hul eiendom verwag moet net besef dat die kanse dat ‘n koper ‘n lening kan kry baie skraal is. Grondeise bly nog steeds ‘n kwessie. Die Grondeise Kommissaris het wel besluit om eisers van sekere plase wat in kleinhoewes onderverdeel is, finansieel te vergoed.

Oordrag van hierdie eiendomme na die eisers is nie uitvoerbaar nie aangesien die grond te klein is en om dit terug te gee aan die eisers nie ekonomies haalbaar sal wees vir die eiser of die Departement nie.

Dit blyk dat ‘n gebrek aan fondse aan die kant van die Departement die proses weer gestol het. Kleinhoewe eienaars kan aansoek doen by die Grondeise Kommissaris vir ‘n skriftelike onderneming en toestemming om met hulle eiendom te handel soos hulle goed dink. Om kleinhoewes te verkoop verg ‘n gespesialiseerde diens van ‘n eiendomsagent. Dit word verwag van die agent om op hoogte te wees en om skriftelike bewyse te kry van ondermeer die volgende:

  1. Watervoorsiening – gesertifiseerde boorgate, inlystingsertifikate van waterregte, ens.
  2. Verkryging van LG diagramme – (teen ‘n geringe koste kan ‘n lugfoto van die eiendom wat die diagram van die landmeter general daarop aandui, sowel as Eskom en ander serwitute).
  3. Behulpsaam te wees met die verkryging van ‘n brief van die Grondeise Kommissaris wat die status van ‘n grond-eis op die eiendom aandui. Dit is noodsaaklik om al die bogenoemde inligting byderhand te hê wanneer ‘n voornemende koper na ‘n kleinhoewe geneem word om sodoende enige onsekerheid uit die weg te ruim wat ligging en inligting betref .

Daar word ‘n effense oplewing in die mark bespeur, maar verkopers moet waak teen oorprysing van hulle eiendom, dit is steeds een van die grootste redes waarom hul eiendom nie verkoop nie.

Kontak vir Elna van Niekerk by 082 575 9171.
Sedert 2004 betrokke by verkoop van Plase en Kleinhoewes.

Property For Sale: All Property for Sale Mpumalanga

Developments for sale: All New Developments for Sale Mpumalanga

Real Estate Powered By CyberAgent
Disclaimer