|
Testimonial No.2
Hi daar,
Wil net graag hierdie geleentheid gebruik om Leon Botha te bedank vir
n puik diens. Hy was vanaf verlede jaar middel November 2009 betrokke
by ons aansoek om n eiendom te koop. Ons het vanaf die begin ongelooflike
struikelblokke gehad maar Leon was deurentyd 24/7 beskikbaar om ons by
te staan met enige denkbare probleem en het uit sy pad gegaan om ons te
help met alles en nog meer.
Ons het onder andere n boukontrak benodig wat hy vir ons in n
japtrap gereel het. Die is een van die vele dinge wat hy vir ons gedoen
het en nie regtig nodig gehad het om te reel nie. Ons waardeer dit. Ons
proses was n baie moeilike een, en ek dink een van die langste ooit.
Ons eiendom is ten einde eers op die 3de Junie 2010 op ons naam geregistreer
en Leon het letterlik ons hand vasgehou met elke tree van n baie
lang pad.
Uit die diepte van ons hart bedank ons Leon en Basie Botha eiendomme
vir n ongelooflike professionele diens gelewer aan ons. Met Agente
soos Leon Botha kan dit net altyd goed gaan.
Groete,
Angelique Erasmus |